9 as ons vandag geoordeel word deur julle oor ’n goeie daad aan ’n siek man, waardeur hy gesond geword het,
10 laat dit bekend wees aan julle almal en aan al die mense van Yisra’el dat deur die Outoriteit en Karakter (Naam) van Yeshua, Die Gesalfde Een, van Natzeret; Hy wat julle gekruisig het; Hy wat God uit die dood laat opstaan het; deur Hom staan hierdie man gesond voor julle.Ps 118:22 en Hy is die hoof Hoeksteen.
11 Hy is die Steen wat deur julle, die bouers, verwerp is
12 Die verlossing is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander outoriteit en karakter (naam) onder die hemel wat vir die mens gegee is, waardeur dit moontlik is om te lewe nie.”
13 Toe hulle die redenasie sien wat Kefa en Yoganan het en dat hulle dit openlik verkondig en hulle verstaan dat hulle ongeleerde manne was wat nie die boekrolle bestudeer het nie, was hulle verwonderd en het hulle herken dat hulle saam met Yeshua geleef het,
14 maar omdat hulle die man wat kreupel was en genees is, by hulle sien staan, kon hulle niks daarteen sê nie.
15 Toe beveel hulle dat hulle buite die vergadering gevat word en sê vir mekaar: