23 en gesê “Ons het die tronk in alle sekuriteit toegesluit gekry en die wagte het buite voor die deure gestaan, maar daar was niemand binne nie.”
24 Toe die hoofpriester, die kaptein van die tempelwagte en die leierpriesters hierdie boodskap hoor, was hulle verward daaroor en het gewonder wat dit is.
25 Iemand kom en rapporteer aan hulle: “Let op, dieselfde manne wat julle in die tronk gesit het, staan in die tempel en leer die mense.”
26 Daarop gaan die kaptein van die tempelwag en sy ondergeskiktes en bring hulle, maar nie met geweld nie, want hulle was bang dat die mense hulle sou stenig.
27 Hulle het hulle gebring en voor die hele Raad laat staan en die hoofpriester het hulle gevra:
28 “Het ons julle nie met ’n opdrag beveel om niemand in dié Outoriteit en Karakter te leer nie? Let op, julle het Yerushalayim volgemaak met julle leer en julle wil ons verantwoordelik maak vir die bloed van hierdie Man.”
29 Shim’on en die afgevaardigdes antwoord hulle en sê: “Dit is nodig om aan God meer gehoorsaam te wees as aan mense.Eks 3:15 het Yeshua, wat julle vermoor het deur Hom aan ’n hout op te hang, laat opstaan.Deut 21:22-23