27 Hulle het hulle gebring en voor die hele Raad laat staan en die hoofpriester het hulle gevra:
28 “Het ons julle nie met ’n opdrag beveel om niemand in dié Outoriteit en Karakter te leer nie? Let op, julle het Yerushalayim volgemaak met julle leer en julle wil ons verantwoordelik maak vir die bloed van hierdie Man.”
29 Shim’on en die afgevaardigdes antwoord hulle en sê: “Dit is nodig om aan God meer gehoorsaam te wees as aan mense.Eks 3:15 het Yeshua, wat julle vermoor het deur Hom aan ’n hout op te hang, laat opstaan.Deut 21:22-23
30 Die God van ons voorvaders
31 Hom het God as Hoof en Lewegewer aangestel en Hom aan Sy regterhand verhef om aan Yisra’el erkenning, berou en vergifnis van sondes te gee
32 en ons, asook die Gees van Afsondering wat God gegee het aan die wat in Hom vertrou, is Sy getuies van hierdie dinge.”
33 Toe hulle hierdie woorde hoor, was hulle woedend met ’n passie en hulle het oorweeg om hulle dood te maak.