30 Die God van ons voorvaders
31 Hom het God as Hoof en Lewegewer aangestel en Hom aan Sy regterhand verhef om aan Yisra’el erkenning, berou en vergifnis van sondes te gee
32 en ons, asook die Gees van Afsondering wat God gegee het aan die wat in Hom vertrou, is Sy getuies van hierdie dinge.”
33 Toe hulle hierdie woorde hoor, was hulle woedend met ’n passie en hulle het oorweeg om hulle dood te maak.
34 Een van hulle, ’n Fariseër met die naam van Gamali’el, wat die wet geleer het en by almal hoog in aansien was, het opgestaan
35 en beveel dat die afgevaardigdes ’n rukkie uitgevat word en vir hulle gesê: “Manne van Yisra’el, let op julleself wat reg is om te doen met hierdie manne,
36 want voor hierdie het Todah opgestaan en gesê dat hy iets besonders was. By hom het ’n aantal mense, omtrent vier honderd, aangesluit. Hy is gedood en almal wat na hom geluister het, is uitmekaargejaag en het tot niks gekom nie.