34 Een van hulle, ’n Fariseër met die naam van Gamali’el, wat die wet geleer het en by almal hoog in aansien was, het opgestaan
35 en beveel dat die afgevaardigdes ’n rukkie uitgevat word en vir hulle gesê: “Manne van Yisra’el, let op julleself wat reg is om te doen met hierdie manne,
36 want voor hierdie het Todah opgestaan en gesê dat hy iets besonders was. By hom het ’n aantal mense, omtrent vier honderd, aangesluit. Hy is gedood en almal wat na hom geluister het, is uitmekaargejaag en het tot niks gekom nie.
37 Ná hom het Y’hudah, van die Galil, opgestaan, in die dae van die inskrywing vir belasting en ’n aansienlike getal mense laat afdwaal agter hom aan. Ook hý is dood en almal wat na hom geluister het, is uitmekaar.
38 Nou sê ek vir julle, bly weg van hierdie manne en los hulle uit, want as hierdie beweging of hierdie dade vanuit mense is, sal hulle uitmekaarspat en verbygaan,
39 maar as dit vanuit God is, kan julle dit nie vernietig nie sodat dit nie dalk gevind word dat julle teen God staan nie.”
40 Hulle is deur hom oortuig en nadat hulle die afgevaardigdes ingeroep het, het hulle hul laat slaan en hulle beveel om nie in die Outoriteit en Karakter van Yeshua te praat nie en hulle vrygelaat.