7 Drie ure later kom ook sy vrou in, onbewus van wat gebeur het.
8 Shim’on vra vir haar: “Sê vir my, het julle die grond vir soveel verkoop?” Sy antwoord: “Ja, vir soveel.”
9 Shim’on sê vir haar: “Omdat julle ooreengekom het om die Gees van יהוה te toets, let op, die voete van díé wat jou man begrawe het, is by die deur en hulle sal jou uitdra.”
10 Onmiddellik het sy voor hulle voete neergeval en is dood en die jongmanne het ingekom, haar dood gekry, haar uitgedra en by haar man begrawe
11 en groot vrees het oor die hele gemeente gekom; oor almal wat dit gehoor het.
12 Deur die hande van die afgevaardigdes het daar baie wonderwerke en tekens onder die mense gebeur en hulle het almal bymekaargekom in die pilaargang van Shlomo
13 en niemand van die ander het dit gewaag om met hulle te vereenselwig nie, maar die mense het voortgegaan om hulle hoog te ag.