1 In daardié dae, toe die studentevolgelinge vermeerder het, het daar ’n klagte vanaf die Hellenistiese studentevolgelinge teenoor die Hebreërs ontstaan dat hulle weduwees in die daaglikse versorging oorgesien is.
2 Toe het die twaalf afgevaardigdes die hele vergadering van studentevolgelinge bymekaargeroep en gesê: “Dit is nie aanvaarbaar dat ons die boodskap van God nalaat, om tafels te bedien nie.
3 Soek daarom, my broers en kies sewe manne vanuit julle, waarop die getuienis is, vol van die Gees van יהוה en wysheid, wat ons oor hierdie saak sal aanstel
4 en ons sal voortgaan in gebed en die voortdurende bediening van die boodskap.”
5 Die gedagte het byval gevind by almal en hulle het gekies: Stefanos, ’n man vol van die Gees van Afsondering en vertroue, Filippos, Progoros, Nikanor, Timon, Parmenas en Nikolaos, ’n proseliet uit Antiogeia.