10 maar hulle kon nie teen die wysheid en die Gees waardeur hy gepraat het, staan nie.
11 Toe stuur hulle manne en beveel hulle om te sê: “Ons het hom kwaad hoor praat teen Moshe en teen God.”
12 Hulle het die mense, die oudstes en die leraars van die wet opgesweep en op hom afgekom en hom gegryp en voor die Raad gebring
13 en hulle het valse getuies aangestel om te sê: “Dié man hou nie op om kwaad te praat teen die wet en hierdie afgesonderde plek nie,
14 want ons het hom hoor sê: ‘Hierdie Yeshua, van Natzeret, sal hierdie plek afbreek en die gebruike wat Moshe aan ons oorgegee het, verander.’”
15 Terwyl almal wat in die Raad sit, hom stip dophou, sien hulle dat sy gesig soos die gesig van ’n engel is.