10 en het hom uit al sy moeilikhede verlos en hom onverdiende guns en wysheid gegee voor Farao, die koning van Mitzrayim en dié het hom aangestel as hoof administrateur oor Mitzrayim en oor sy hele huis.Gen 41:54; Gen 42:5
11 Daar het ’n hongersnood en groot benoudheid oor die hele Mitzrayim en Kena’an gekom en daar was niks om ons vaders te versadig nie,
12 maar toe Ya’akov hoor dat daar graan in Mitzrayim was, het hy ons vaders eerste uitgestuurGen 45:1 en Yosef se familie het aan Farao bekend geword.
13 en die tweede keer het Yosef hom aan sy broers bekendgemaakGen 46:27; Eks 1:5
14 Toe het Yosef gestuur en sy vader Ya’akov en sy hele familie laat roep, vyf en sewentig mense.
15 Ya’akov het afgegaan na Mitzrayim en is daar dood, hy en ons vadersGen 23; Gen 33:19; Gen 50:13; Y’ho 24:32
16 en hy is oorgeplaas na Sh’khem en begrawe in die graf wat Avraham met silwer gekoop het van die seuns van Hamor.