7 en “die nasie vir wie hulle slawe sal wees, sal Ek oordeel,” het God gesê “en daarna sal hulle uittrek en My in hierdie plek dien.”
8 Hy het hom die verbond van die besnydenis gegee en hy het die vader van Yitz’gak geword en hom op die agtste dag besny en Yitz’gak het die vader van Ya’akov geword en Ya’akov van die twaalf vaders.Gen 37:11,28 ; Gen 39:1-3,21,23
9 Hulle, ons vaders, was jaloers op Yosef en het hom na Mitzrayim toe verkoop, maar God was met homGen 41:37-44
10 en het hom uit al sy moeilikhede verlos en hom onverdiende guns en wysheid gegee voor Farao, die koning van Mitzrayim en dié het hom aangestel as hoof administrateur oor Mitzrayim en oor sy hele huis.Gen 41:54; Gen 42:5
11 Daar het ’n hongersnood en groot benoudheid oor die hele Mitzrayim en Kena’an gekom en daar was niks om ons vaders te versadig nie,
12 maar toe Ya’akov hoor dat daar graan in Mitzrayim was, het hy ons vaders eerste uitgestuurGen 45:1 en Yosef se familie het aan Farao bekend geword.
13 en die tweede keer het Yosef hom aan sy broers bekendgemaakGen 46:27; Eks 1:5