23 want ek sien dat jy in ’n woede van bitterheid en bande van boosheid is.”
24 Shim’on het geantwoord en gesê: “Bid julle tot God vir my sodat niks van wat julle gesê het, oor my mag kom nie.”
25 Nadat Shim’on Kefa en Yoganan getuig en die boodskap van God verkondig het, het hulle na Yerushalayim teruggegaan en die goeie boodskap in baie dorpe van Shomron verkondig.
26 ’n Boodskapperengel van יהוה het met Filippos gepraat en gesê: “Staan op en gaan na die suide, op die stil pad wat afloop van Yerushalayim na `Azah.”
27 Hy het opgestaan, gegaan en ’n gelowige van Kush, ’n staatsamptenaar met baie outoriteit, wat oor al Khandakh, die koningin van die Kushiete, se skatte was en wat na Yerushalayim gekom het om te aanbid, ontmoet.
28 Hy was op pad terug en het op sy wa gesit en die profeet Yesha’yahu gelees.
29 Toe sê die Gees vir Filippos: “Gaan na die wa toe en bly by hom.”