32 Die gedeelte van die Skrif wat hy besig was om te lees, was dít: ‘Hy is soos ’n skaap wat gelei word om geslag te word en soos ’n lam wat stom is voor die een wat hom skeer, so maak Hy Sy mond nie oop nie.Yes 53:7-8
33 In Sy vernedering in gevangenis is Hy regverdige oordeel ontneem en wie sal vertel van Sy tyd, want Sy lewe word van die aarde af weggevat?’
34 Die gelowige antwoord en sê vir Filippos: “Ek smeek u, van wie sê die profeet dit, van homself of van iemand anders?”
35 Filippos het sy mond oopgemaak en van hierdie Skrif af begin en aangaande ons Meester, Yeshua, aan hom verkondig.
36 Terwyl hulle op pad is, kom hulle by water en die staatsamptenaar sê vir hom: “Let op, daar is water, wat verhinder my om gedoop te word?”
37 Filippos sê: “As u vertrou met u hele verstand, wil en emosie, is dit geoorloof.” Hy antwoord en sê: “Ek vertrou dat Yeshua, Die Gesalfde Een, die Seun van God is.”
38 Hy het beveel dat die wa moes stilhou en hulle altwee, Filippos en die staatsamptenaar, het in die water afgeklim en hy is gedoop.