14 en let op, ook hier het hy outoriteit van die leierpriesters om almal te vang wat hulle beroep op U Outoriteit en Karakter.”
15 יהוה sê vir hom: “Staan op en gaan, want hy is vir My ’n gekose instrument om My Outoriteit en Karakter te neem voor nasies, konings, asook die kinders van Yisra’el,
16 want Ek sal hom wys hoeveel hy vir My Karakter en Outoriteit (Naam) moet ly.”
17 Toe het Gananyah gegaan en in die huis gekom en hom die hande opgelê en gesê: “Sha’ul, my broer, ons Meester, Yeshua, Hy wat aan jou verskyn het op die pad toe jy gekom het, het my gestuur sodat jou oë oopgemaak kan word en jy met die Gees van Afsondering gevul kan word.”
18 Dadelik het daar iets soos skubbe van sy oë afgeval en hy kon onmiddellik sien en hy het opgestaan en is gedoop.
19 Nadat hy geëet het, het hy weer sterk geword en Sha’ul was ’n paar dae saam met die studentevolgelinge in Dammesek.
20 Hy het dadelik in die bymekaarkomplekke van die Jode verkondig aangaande Yeshua, dat Hy die Seun van God is