16 want Ek sal hom wys hoeveel hy vir My Karakter en Outoriteit (Naam) moet ly.”
17 Toe het Gananyah gegaan en in die huis gekom en hom die hande opgelê en gesê: “Sha’ul, my broer, ons Meester, Yeshua, Hy wat aan jou verskyn het op die pad toe jy gekom het, het my gestuur sodat jou oë oopgemaak kan word en jy met die Gees van Afsondering gevul kan word.”
18 Dadelik het daar iets soos skubbe van sy oë afgeval en hy kon onmiddellik sien en hy het opgestaan en is gedoop.
19 Nadat hy geëet het, het hy weer sterk geword en Sha’ul was ’n paar dae saam met die studentevolgelinge in Dammesek.
20 Hy het dadelik in die bymekaarkomplekke van die Jode verkondig aangaande Yeshua, dat Hy die Seun van God is
21 en almal wat hom gehoor het, was verstom en het gesê: “Is hy nie die man wat in Yerushalayim dié wat hierdie Outoriteit en Karakter aanroep vervolg het en hierheen gekom het met die doel om hulle vasgebind na die leierpriesters te bring nie?”
22 Sha’ul het al kragtiger geword en die Jode wat in Dammesek bly, verontrus deur te bewys dat hierdie Een Die Gesalfde Een is,