23 maar ná ’n geruime tyd het die Jode beraadslaag om hom dood te maak.
24 Hulle plan wat hulle aan hom wou doen is aan Sha’ul gewys. Hulle het die poorte dag en nag opgepas sodat hulle hom kon doodmaak.
25 Toe het die studentevolgelinge hom gevat en in die nag in ’n mandjie vanaf die muur laat afsak.
26 Hy het aangegaan na Yerushalayim en by die studentevolgelinge probeer aansluit, maar almal was bang vir hom en het nie vertrou dat hy ’n studentevolgeling was nie.
27 Bar-Nabba het hom gevat en na die afgevaardigdes gebring en aan hulle vertel presies hoe Die Meester op die pad aan hom verskyn en met hom gepraat het en hoe hy in Dammesek vrymoediglik in die Outoriteit en Karakter van Yeshua gepraat het.
28 Hy het saam met hulle in en uit Yerushalayim gegaan
29 en vrymoediglik in die Outoriteit en Karakter van Yeshua gepraat en ook met die Griekssprekende Jode gedebatteer, maar hulle het probeer om hom dood te maak.