7 Die manne wat saam met hom gereis het, het sprakeloos gestaan terwyl hulle wel die stem hoor, maar niemand sien nie.
8 Toe staan Sha’ul van die grond af op en maak sy oë oop, maar hy kon niks sien nie en hulle het hom aan die hand gelei en in Dammesek ingebring.
9 Vir drie dae het hy niks gesien en niks geëet of gedrink nie.
10 Daar was ’n sekere studentevolgeling in Dammesek met die naam van Gananyah en יהוה het vir hom in ’n visioen gesê: “Gananyah!” Hy antwoord: “Dit is ek, my Meester.”
11 Ons Meester sê vir hom: “Staan op en gaan na die straat wat genoem word Reguitstraat en doen navraag in die huis van Y’hudah, na ’n man van Tarsus met die naam van Sha’ul, want let op, hy bid.
12 Hy sien in ’n visioen ’n man met die naam van Gananyah inkom, wat hom die hande oplê sodat hy weer kan sien.”
13 Gananyah antwoord: “My Meester, ek het van baie mense aangaande hierdie man gehoor, hoeveel boosheid hy aan die afgesonderdes in Yerushalayim gedoen het