13 Toe sê Eliyahu vir haar: “Moenie vrees nie, gaan, doen soos jy gesê het, maar maak eers daarvan vir my ’n klein broodkoekie en bring dit uit vir my; daarna kan jy vir jóu en jou seun maak,
14 want so sê יהוה, die God van Yisra’el: ‘Die meel in die houer sal nie uitgeput raak of die olie in die kruik leeg word nie, tot op die dag dat יהוה reën op die aarde sal gee.”
15 Sy het gegaan en gedoen volgens die woord van Eliyahu en sy, hy en haar huishouding het vir baie dae lank geëet.
16 Die meel in die houer is nie uitgeput en die olie in die kruik het nie leeg geword nie, volgens die woord van יהוה wat Hy deur Eliyahu gesê het.
17 Dit het gebeur ná hierdie dinge dat die seun van die vrou, die eienares van die huis, siek geword het en sy siekte was so ernstig dat daar geen asem in hom oor was nie.
18 Sy sê vir Eliyahu: “Wat het ek met u te doen, man van God? U het na my gekom om my oortredinge in herinnering te bring en my seun dood te maak!”
19 Hy antwoord haar: “Gee vir my jou seun. Toe het hy hom van haar bors af weggevat en hom opgedra na die bo-kamer waar hy gebly het en hom op sy eie bed neergelê.