32 Hulle het rouklere om hul heupe vasgebind en toue om hul koppe en na die koning van Yisra’el gekom en gesê: “U dienskneg Ben-Hadad sê: ‘Laat my asseblief lewe!’” Hy antwoord: “Lewe hy dan nog? Hy is my broer.”
33 Die manne het dit as ’n voorteken gevat en sy woord opgevang en gesê: “Ben-Hadad, u broer!” Toe sê hy: “Gaan, bring hom.” Ben-Hadad het uitgekom na hom toe en hy het hom op die strydwa laat klim.
34 Ben-Hadad sê vir hom: “Die stede wat my vader van u vader afgeneem het, sal ek teruggee en u kan vir u strate aanlê in Dammesek soos my vader in Shomron aangelê het.” Ag’av het gesê: “Ek sal u met hierdie verbond laat gaan.” Hy het met hom ’n verbond aangegaan en hom laat gaan.
35 ’n Sekere man uit die profete-seuns het deur die woord van יהוה vir ’n ander gesê: “Slaan my asseblief!” Die man het egter geweier om hom te slaan.
36 Toe sê hy vir hom: “Omdat jy nie na die stem van יהוה geluister het nie, let op, sodra jy van my af weggaan, sal ’n leeu jou doodmaak.” Toe hy van hom af weggaan, het ’n leeu hom gekry en hom doodgemaak.
37 Toe het hy ’n ander man gekry en gesê: “Slaan my asseblief!” Die man het hom geslaan en hom beseer.
38 Toe vertrek die profeet en wag vir die koning op die pad en vermom homself met ’n verband oor sy oë.