35 ’n Sekere man uit die profete-seuns het deur die woord van יהוה vir ’n ander gesê: “Slaan my asseblief!” Die man het egter geweier om hom te slaan.
36 Toe sê hy vir hom: “Omdat jy nie na die stem van יהוה geluister het nie, let op, sodra jy van my af weggaan, sal ’n leeu jou doodmaak.” Toe hy van hom af weggaan, het ’n leeu hom gekry en hom doodgemaak.
37 Toe het hy ’n ander man gekry en gesê: “Slaan my asseblief!” Die man het hom geslaan en hom beseer.
38 Toe vertrek die profeet en wag vir die koning op die pad en vermom homself met ’n verband oor sy oë.
39 Soos die koning verbygaan, roep hy uit na die koning en sê: “U dienskneg het uitgegaan in die middel van die geveg en let op, daar kom iemand eenkant toe en bring ’n man na my toe en sê: ‘Bewaak hierdie man; as hy vir enige rede wegraak, sal jou lewe in die plek van sy lewe wees, of anders moet jy ’n talent silwer betaal.’
40 Terwyl u dienskneg hier en daar besig was, het hy verdwyn. Die koning van Yisra’el sê vir hom: “So sal jou vonnis wees: jy het dit self bepaal.”
41 Toe vat hy gou die verband van sy oë af en die koning van Yisra’el herken hom as een van die profete.