28 Tog, gee aandag aan die gebed van U dienskneg en tot sy smeking, יהוה, my God, om te luister na die geroep en die gebed wat U dienskneg vandag voor U bid;
29 dat U oë oop mag wees na hierdie huis, nag en dag, na die plek waarvan U gesê het: ‘My Karakter en Outoriteit (Naam) sal daar wees,’ om te luister na die gebed wat U dienskneg na hierdie plek toe sal bid.
30 Luister na die smeking van U dienskneg en van U volk Yisra’el wanneer hulle na hierdie plek toe bid; luister in die hemel, U blyplek; hoor en vergewe.
31 As ’n mens teen sy naaste sondig en gedwing word om ’n eed te neem en hy voor U altaar in hierdie huis ’n eed neem,
32 hoor dan in die hemel en tree op en oordeel U diensknegte, veroordeel die wettelose deur sy optrede op sy eie kop te bring en verklaar die onpartydig opregte onskuldig deur vir hom te gee volgens sy onpartydige opregtheid.
33 Wanneer U volk Yisra’el verslaan word voor ’n vyand omdat hulle teen U gesondig het; as hulle weer na U toe draai en U Karakter en Outoriteit (Naam) erken en tot U bid en smeek in hierdie huis,
34 hoor dan in die hemel en vergewe die sonde van U volk Yisra’el en bring hulle terug na die land wat U aan hulle vaders gegee het.