8 maar jy moet jou hand vrylik oopmaak vir hom en aan hom genoegsaam leen vir sy behoefte, waarin hy ook al tekort kom.
9 Wees versigtig dat daar in jou verstand, wil en emosie geen slegte gedagte is nie en sê: ‘Die sewende jaar, die jaar van kwytskelding, is naby’ en met ’n bose oog na jou broer kyk (suinig wees) en hom niks gee nie; dan mag hy teen jou na יהוה uitroep en dit sal ’n sonde in jou wees.
10 Jy moet gewilliglik aan hom gee en jou gedagtes moenie bedroef wees as jy aan hom gee nie, want ter wille hiervan sal יהוה, jou God, jou seën in al jou werk en in alles waar jy jou hand aan slaan,
11 want die arme sal nie ophou om in die land te wees nie; daarom gee ek jou bevel en sê: Jy moet jou hand wyd oopmaak vir jou broer, vir die arme en die behoeftige in jou land.
12 As jou broer, ’n Hebreeuse man of ’n Hebreeuse vrou, aan jou verkoop word, moet hy jou ses jaar lank dien, maar in die sewende jaar moet jy hom vrymaak
13 en wanneer jy hom vry laat weggaan, moet jy hom nie met leë hande laat weggaan nie.
14 Jy moet hom vrylik voorsien vanuit jou kleinvee, jou dorsvloer en jou wyn pers. Jy moet aan hom gee soos יהוה, jou God, jou geseën het.