31 hulle wat getel is van die stam van Z’vulun was sewe en vyftig duisend vier honderd (57 400).
32 Van die seuns van Yosef: van die seuns van Efrayim, hulle geslagte volgens hulle families, volgens hulle vaders se huise, volgens die aantal name, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en ouer, almal wat in staat was om oorlog toe te gaan;
33 hulle wat getel is van die stam van Efrayim was veertig duisend vyf honderd (40 500);
34 van die seuns van M’nasheh, hulle geslagte volgens hulle families, volgens hulle vaders se huise, volgens die aantal name, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en ouer, almal wat in staat was om oorlog toe te gaan;
35 hulle wat getel is van die stam van M’nasheh was twee en dertig duisend twee honderd (32 200).
36 Van die seuns van Binyamin, hulle geslagte volgens hulle families, volgens hulle vaders se huise, volgens die aantal name, almal wat manlik was, van twintig jaar oud en ouer, almal wat in staat was om oorlog toe te gaan;
37 hulle wat getel is van die stam van Binyamin was vyf en dertig duisend vier honderd (35 400).