Numeri 12 PWL

1 Miryam en Aharon het teen Moshe gepraat vanweë die Kushietiese vrou wat hy getrou het, want hy het ’n Kushietiese vrou getrou

2 en hulle het gesê: “Het יהוה werklik alleen deur Moshe gepraat? Het Hy nie ook deur ons gepraat nie?” יהוה het dit gehoor.

3 Nou, die man Moshe, was baie nederig, meer as al die mense op die oppervlakte van die aarde.

4 יהוה het skielik vir Moshe, Aharon en Miryam gesê: “Kom uit, julle drie, na die Tent van Ontmoeting.” Die drie het uitgekom.

5 יהוה het in die wolkkolom afgekom en by die deur van die Tent gaan staan en vir Aharon en Miryam geroep. Toe hulle twee vorentoe gegaan het,

6 sê Hy: “Hoor nou My woorde: as daar ’n profeet tussen julle is, openbaar Ek, יהוה, Myself aan hom deur ’n visioen; Ek praat met hom deur ’n droom.

7 Dit is nie so met My dienskneg Moshe nie: hy is getrou in My hele huis.Heb 3:2

8 Met hom praat Ek mond tot mond, selfs openlik en nie deur raaisels nie en hy kyk na die vorm van יהוה. Hoekom was julle dan nie bang om teen My dienskneg, Moshe, te praat nie?”Yog 14:9; Heb 1:3

9 Die woede van יהוה het teen hulle gebrand en Hy het weggegaan.

10 Toe die wolk van die Tent af teruggetrek het, let op, Miryam was melaats, soos sneeu. Aharon het na Miryam gedraai en gesien sy is melaats!

11 Aharon sê vir Moshe: “Ag, my meester, ek smeek u, tel nie hierdie sonde teen ons waarin ons dwaas opgetree en gesondig het nie.

12 Ek smeek u, laat sy nie wees soos ’n dooie van wie se vleis, as hy uit sy moeder se baarmoeder uitgaan, die helfte verteer is nie.”

13 Moshe het uitgeroep na יהוה en gesê: “O Magtige God, ek vra U, maak haar asseblief gesond!”

14 יהוה sê vir Moshe: “As haar vader maar net in haar gesig gespoeg het, sou sy nie dan haar skande vir sewe dae lank gedra het nie? Laat sy vir sewe dae lank buitekant die kamp opgesluit wees en daarna mag sy weer ontvang word.”

15 Hulle het Miryam sewe dae lank buitekant die kamp opgesluit en die volk het nie weggetrek voordat Miryam weer ontvang is nie.

16 Daarna het die volk van Hatzerot af weggetrek en in die wildernis van Pa’ran gekamp.

hoofstukke

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36