27 Oor die leërafdeling van die stam van die seuns van Naftali was Agira, die seun van `Enan.
28 Dit was die volgorde van die reise van die seuns van Yisra’el, volgens hulle leërafdelings, wanneer hulle weggetrek het.
29 Moshe het vir Hovav, die seun van Re’u’el, die Midyani, skoonvader van Moshe, gesê: “Ons trek na die plek waarvan יהוה gesê het: “Ek sal dit vir julle gee. Trek saam met ons en ons sal jou goed behandel, want יהוה het goed oor Yisra’el belowe.”
30 Hy het vir hom gesê: “Ek sal nie kom nie, maar ek sal weggaan na my land en my familie toe.”Rig 4:11
31 Hy sê: “Moet asseblief nie gaan nie, aangesien jy weet waar ons moet kamp opslaan in die wildernis en jy sal vir ons soos oë wees.
32 As jy met ons saamtrek sal dit inderdaad so wees dat watter goeie יהוה ook al vir ons sal doen, so sal ons vir jou doen.”
33 Hulle het van die berg van יהוה af vertrek op ’n reis van drie dae met die verbondsark van יהוה wat vir die drie dae se reis voor hulle uit getrek het om vir hulle ’n rusplek uit te soek.