9 Wanneer julle in jul land in oorlog kom teen die vyand wat julle aanval, moet julle met die trompette ’n alarm blaas; dan sal julle onthou word voor יהוה, julle God en julle sal van jul vyande verlos word.
10 Ook op die dag van julle oorweldigende blydskap, op julle vasgestelde feeste en by die begin van julle maande moet julle die trompette blaas oor jul brandoffers en oor die offerandes van julle vredesoffers: hulle sal ’n herinnering wees vir julle voor julle God. Ek is יהוה, julle God.”
11 Dit het gebeur dat op die twintigste van die maand, in die tweede maand, in die tweede jaar, die wolk opgelig is van die tabernakel van die Getuienis af
12 en die seuns van Yisra’el het weggetrek uit die wildernis van Sinai op hulle reise en die wolk het tot rus gekom in die wildernis van Pa’ran.
13 So het hulle dan die eerste keer weggetrek volgens die opdrag van יהוה, deur die hand van Moshe.
14 Die banier van die kamp van die seuns van Y’hudah, volgens hulle leërafdelings het eerste weggetrek, met Nagshon, die seun van `Amminadav, oor sy leërafdeling.
15 Oor die leërafdeling van die stam van die seuns van Yissakhar was N’tan’el, die seun van Tzu’ar.