1 Die volk het geword soos mense wat kla van swaarkry voor die ore van יהוה en toe יהוה dit gehoor het, het Sy woede ontbrand. Die vuur van יהוה het onder hulle gebrand en sommige aan die kant van die kamp verteer.
2 Die volk het daarom na Moshe uitgeroep en Moshe het ingetree by יהוה en die vuur is geblus.
3 Die naam van die plek is Tav’erah genoem omdat die vuur van יהוה tussen hulle gebrand het.
4 Die gemengde bevolking wat onder hulle was, het gierige begeertes gehad. Die seuns van Yisra’el het weer gehuil en gesê: “Wie sal vir ons vleis gee om te eet?
5 Ons onthou die vis wat ons vrylik in Mitzrayim kon eet, die komkommers, die waatlemoene, die preie, die uie en die knoffel,
6 maar nou is ons eetlus opgedroog; daar is glad niks om na te kyk nie, behalwe net die ‘man hu’ voor ons oë.”Eks 16:4,15; Ps 105:40; Yog 6:32
7 Die ‘man hu’ was soos koljandersaad en dit het gelyk soos boomgom.