10 Moshe het die volk hoor huil, regdeur hulle families, elkeen by die deur van sy tent en die woede van יהוה het grootliks ontbrand en Moshe was ontevrede.
11 Moshe sê vir יהוה: “Waarom het U U kneg kwaad aangedoen en waarom het ek geen guns in U oë gevind nie dat U die las van hierdie hele volk op my lê?
12 Het ék al hierdie mense verwek? Of het ék geboorte aan hulle gegee dat U vir my sê: ‘Dra hulle, soos ’n versorger die suigeling kind dra, in jou drasak na die land wat U aan hulle vaders met ’n eed beloof het?’
13 Waar moet ek vleis kry om vir al hierdie mense te gee? Want hulle huil by my en sê: ‘Gee vir ons vleis sodat ons kan eet.’
14 Ek is nie in staat om al hierdie mense alleen te dra nie, want hulle is vir my te swaar.
15 As U so met my werk, maak my asseblief dadelik dood en vernietig my as ek guns in U oë gevind het en laat ek nie my ellende sien nie.”
16 יהוה sê vir Moshe: “Bring vir My sewentig manne uit die oudstes van Yisra’el bymekaar, van wie jy weet dat hulle oudstes van die volk en toesighouers oor hulle is. Bring hulle na die Tent van Ontmoeting en laat hulle daar by jou staan.