5 Ons onthou die vis wat ons vrylik in Mitzrayim kon eet, die komkommers, die waatlemoene, die preie, die uie en die knoffel,
6 maar nou is ons eetlus opgedroog; daar is glad niks om na te kyk nie, behalwe net die ‘man hu’ voor ons oë.”Eks 16:4,15; Ps 105:40; Yog 6:32
7 Die ‘man hu’ was soos koljandersaad en dit het gelyk soos boomgom.
8 Die volk het rondgegaan en dit bymekaargemaak en op maalstene gemaal of in vysels gestamp, dit in panne gekook en koeke daarvan gemaak. Die smaak daarvan was soos die smaak van koeke gebak in olie.
9 Wanneer die dou snags op die kamp val, het die ‘man hu’ saam met dit geval.
10 Moshe het die volk hoor huil, regdeur hulle families, elkeen by die deur van sy tent en die woede van יהוה het grootliks ontbrand en Moshe was ontevrede.
11 Moshe sê vir יהוה: “Waarom het U U kneg kwaad aangedoen en waarom het ek geen guns in U oë gevind nie dat U die las van hierdie hele volk op my lê?