1 יהוה het met Moshe gepraat en gesê:
2 “Stuur manne uit sodat hulle die land Kena’an, wat Ek aan die seuns van Yisra’el gaan gee, kan verken. Van elke stam van hulle vaders moet julle een man stuur, elkeen ’n leier onder hulle.”
3 Moshe het hulle uitgestuur uit die wildernis van Pa’ran, volgens die bevel van יהוה; almal manne wat leiers was van die seuns van Yisra’el.
4 Hierdie is dan hulle name: van die stam van Re’uven: Shamua, die seun van Zakur;
5 van die stam van Shim’on: Shafat, die seun van Hori;
6 van die stam van Y’hudah: Kalev, die seun van Y’funneh;