13 van die stam van Asher: S’tur, die seun van Mikha’el;
14 van die stam van Naftali: Nagvi, die seun van Vofsi;
15 van die stam van Gad: Ge’u’el, die seun van Makhi.
16 Dit is die name van die manne wat Moshe gestuur het om die land te verken. Moshe het Hoshea, die seun van Nun, Y’hoshua genoem.
17 Moshe het hulle gestuur om die land Kena’an te verken en vir hulle gesê: “Gaan hierlangs op in die Negev en gaan dan op in die bergland
18 en kyk hoe die land is en of die mense wat daarin bly sterk of swak, min of baie is,
19 of die land waar hulle bly, goed of sleg is en of die stede waarin hulle bly, soos kampe of vestings is.