16 Dit is die name van die manne wat Moshe gestuur het om die land te verken. Moshe het Hoshea, die seun van Nun, Y’hoshua genoem.
17 Moshe het hulle gestuur om die land Kena’an te verken en vir hulle gesê: “Gaan hierlangs op in die Negev en gaan dan op in die bergland
18 en kyk hoe die land is en of die mense wat daarin bly sterk of swak, min of baie is,
19 of die land waar hulle bly, goed of sleg is en of die stede waarin hulle bly, soos kampe of vestings is.
20 Is die land vet of arm; is daar bome of nie, doen moeite en bring van die vrugte van die land saam.” Die tyd was toe die seisoen van die eerste ryp druiwe.
21 Hulle het opgegaan en die land verken vanaf die wildernis van Tzin af tot so ver as Regov, naby die ingang van Hamat.
22 Hulle het opgegaan deur die Negev en tot by Hevron gekom en Agiman, Sheshai en Talmai, die wat vir `Anak gebore is, was daar. Hevron is sewe jaar voor Tzo’an, in Mitzrayim, gebou.