1 Die hele vergadering het hulle stemme opgelig en die volk het dié nag gehuil.
2 Al die seuns van Yisra’el het gekla teen Moshe en Aharon en die hele vergadering het vir hulle gesê: “O, as ons maar in Mitzrayim gesterf het! Of as ons maar hier in die woestyn gesterf het!
3 Waarom bring יהוה ons na hierdie land om deur die swaard te val sodat ons vroue en kinders buit sal word. Sal dit nie vir ons beter wees om na Mitzrayim terug te gaan nie?”
4 Hulle het vir mekaar gesê: “Laat ons ’n leier aanstel en na Mitzrayim teruggaan.”
5 Toe het Moshe en Aharon op hulle gesigte neergeval voor die hele vergadering van die byeenkoms van die seuns van Yisra’el.
6 Y’hoshua, die seun van Nun en Kalev, die seun van Y’funneh, twee van dié wat die land verken het, het hulle klere geskeur
7 en met die hele vergadering van die seuns van Yisra’el gepraat en gesê: “Die land waardeur ons gegaan het om dit te verken, is ’n uitsonderlike goeie land.