10 Die hele vergadering wou hulle met klippe stenig. Die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van יהוה het toe in die Tent van Ontmoeting verskyn voor al die seuns van Yisra’el.
11 יהוה het vir Moshe gesê: “Hoe lank sal hierdie volk My verwerp? Hoe lank sal hulle nie in My vertrou nie, ten spyte van al die tekens wat Ek tussen hulle gedoen het?
12 Ek sal hulle met die pes tref en hulle onteien en Ek sal van jou ’n groter en magtiger nasie maak as hulle.”
13 Moshe sê vir יהוה: “Dan sal die Mitzrayiete dit hoor, want deur U krag het U hierdie volk laat optrek, vanuit hulle uit
14 en hulle sal dit aan die inwoners van hierdie land sê. Hulle het gehoor dat U, יהוה, tussen hierdie volk is; dat U, יהוה, van aangesig tot aangesig aan hulle verskyn; dat U wolk oor hulle staan en U in ’n wolkkolom voor hulle uitgaan bedags en in ’n vuurkolom in die nag.
15 As U nou hierdie volk soos een man doodmaak, dan sal die nasies wat die boodskap aangaande U gehoor het, praat en sê:
16 ‘Omdat יהוה hierdie volk nie kon inbring in die land wat Hy hulle met ’n eed beloof het nie, daarom het Hy hulle in die woestyn doodgemaak.’