13 Moshe sê vir יהוה: “Dan sal die Mitzrayiete dit hoor, want deur U krag het U hierdie volk laat optrek, vanuit hulle uit
14 en hulle sal dit aan die inwoners van hierdie land sê. Hulle het gehoor dat U, יהוה, tussen hierdie volk is; dat U, יהוה, van aangesig tot aangesig aan hulle verskyn; dat U wolk oor hulle staan en U in ’n wolkkolom voor hulle uitgaan bedags en in ’n vuurkolom in die nag.
15 As U nou hierdie volk soos een man doodmaak, dan sal die nasies wat die boodskap aangaande U gehoor het, praat en sê:
16 ‘Omdat יהוה hierdie volk nie kon inbring in die land wat Hy hulle met ’n eed beloof het nie, daarom het Hy hulle in die woestyn doodgemaak.’
17 Ek smeek U, laat יהוה se mag nou groot wees, net soos U verklaar het:
18 ‘יהוה vat lank om kwaad te word en is oorvloedig in liefdevolle sagtheid, wat sonde en wetsoortreding vergewe, maar nie die skuldige vryskeld nie; wat die onregverdigheid van die vaders die kinders laat beïnvloed, in die derde en vierde geslag.’
19 Ek vra U, vergewe die boosheid van hierdie volk volgens die grootheid van U liefdevolle sagtheid, net soos U hierdie volk van Mitzrayim af tot hiertoe vergewe het.”