38 maar van dié manne wat die land gaan verken het, het Y’hoshua, die seun van Nun en Kalev, die seun van Y’funneh, lewend gebly.
39 Moshe het hierdie woorde aan al die seuns van Yisra’el gesê en die volk het baie getreur
40 en die oggend vroeg opgestaan en opgegaan na die top van die berg en gesê: “Hier is ons en ons sal opgaan na die plek wat יהוה belowe het, want ons het gesondig.”
41 Moshe het gesê: “Waarom oortree julle die opdrag van יהוה, want dit sal nie voorspoedig wees nie?
42 Moenie optrek nie sodat julle nie voor julle vyande verslaan word nie, want יהוה is nie tussen julle nie,
43 want die `Amalekiete en die Kena’aniete is daar voor julle en julle sal deur die swaard val, want julle het van יהוה af weggedraai; יהוה is nie by julle nie!”
44 Nogtans het hulle in vermetelheid opgegaan na die top van die berg, maar die verbondsark van יהוה en Moshe het nie uit die kamp uitgegaan nie.