10 en dat Hy jou nader aan Homself laat kom het, jy en al jou broers, die seuns van Levi, saam met jou nie? Begeer jy nou ook die priestersamp?
11 Om hierdie rede is jy en jou hele groep saam teen יהוה vergader; wat is Aharon dat julle teen hom kla?”
12 Moshe het gestuur om Datan en Aviram, die seuns van Eli’av, te laat roep, maar hulle het gesê: “Ons sal nie opkom nie.
13 Is dit nie genoeg dat jy ons uit ’n land wat vloei met melk en heuning laat opkom het om ons in die wildernis te laat doodgaan nie, maar jy wil ook baas speel oor ons?
14 Meer nog, jy het ons nie gebring in ’n land wat vloei met melk en heuning en vir ons geen lande en wingerde as erfdeel gegee nie. Wil jy die oë van hierdie manne uitgrou? Ons sal nie opkom nie.”
15 Moshe was baie kwaad en het vir יהוה gesê: “Respekteer nie hulle offer nie. Ek het nie een donkie van hulle gevat en nie enige een van hulle skade aangedoen nie.”
16 Moshe het vir Korag gesê: “Jy en jou hele groep, sorg dat julle môre voor die Teenwoordigheid van יהוה is, jy en hulle en Aharon