15 Moshe was baie kwaad en het vir יהוה gesê: “Respekteer nie hulle offer nie. Ek het nie een donkie van hulle gevat en nie enige een van hulle skade aangedoen nie.”
16 Moshe het vir Korag gesê: “Jy en jou hele groep, sorg dat julle môre voor die Teenwoordigheid van יהוה is, jy en hulle en Aharon
17 en neem julle elkeen sy vuurpan en gooi daar reukwerk op en elkeen bring sy vuurpan voor die Teenwoordigheid van יהוה, twee honderd en vyftig vuurpanne; ook jy en Aharon, elkeen met sy vuurpan.”
18 Elke man het sy vuurpan gevat, vuur daarin gegooi, reukwerk daarop gelê en hulle het gaan staan by die ingang van die Tent van Ontmoeting, asook Moshe en Aharon.
19 Korag het die hele vergadering teen hulle laat vergader by die ingang van die Tent van Ontmoeting. Die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van יהוה het aan die hele vergadering verskyn.
20 יהוה het met Moshe en Aharon gepraat en gesê:
21 “Sonder julle af vanuit hierdie vergadering en Ek sal hulle in ’n oomblik verteer.”