2 en hulle het opgestaan voor Moshe, saam met sommige van die seuns van Yisra’el, twee honderd en vyftig leiers van die vergadering, verteenwoordigers, manne van naam.
3 Hulle het bymekaargekom teen Moshe en Aharon en vir hulle gesê: “Julle het ver genoeg gegaan, want die hele vergadering is afgesonderd, elke een van hulle en יהוה is tussen hulle! Waarom verhoog julle julself bo die vergadering van יהוה?”
4 Toe Moshe dit hoor, het hy op sy gesig neergeval2 Tim 2:19 en wie afgesonder is en Hy sal hom laat naderkom na Hom. Die een wat Hy kies, sal Hy laat naderkom na Hom toe.
5 en hy het met Korag en sy hele groep gepraat en gesê: “Môre-oggend sal יהוה wys wie Syne is
6 Doen dit: neem vir julle vuurpanne, Korag en julle hele groep,
7 gooi vuur in hulle en lê reukwerk daarop voor die Teenwoordigheid van יהוה; dan sal dit wees dat die een wat יהוה kies, die afgesonderde sal wees. Julle het ver genoeg gegaan, julle seuns van Levi!”
8 Moshe het vir Korag gesê: “Luister nou, julle seuns van Levi!