16 Die losgekoopte goed moet jy vanaf ’n maand oud loskoop, volgens jou waardasie, vir vyf sikkels volgens die sikkel van die Afgesonderde plek, wat twintig gerah is,
17 maar die eersgeborene van ’n bees of die eersgeborene van ’n skaap of die eersgeborene van ’n bok moet jy nie loskoop nie; hulle is afgesonder. Hulle bloed moet jy sprinkel teen die altaar en hulle vet brand en in rook laat opgaan as ’n offer deur vuur, as ’n aangename geur tot יהוה.
18 Hulle vleis moet joune wees; soos die waaioffer se bors en die regterboud, dit moet joune wees.Kol 4:6 voor die Teenwoordigheid van יהוה, met jou en jou nageslag saam met jou.”
19 Al die offerandes, van die afgesonderde geskenke wat die seuns van Yisra’el aan יהוה offer, wat opgelig word, gee Ek aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou as ’n ewige instelling. Dit is ’n ewige verbond van sout,
20 יהוה het vir Aharon gesê: “Jy sal geen erfporsie in hulle land hê nie en jy sal geen deel onder hulle hê nie. Ek is jou deel en jou erfporsie onder die seuns van Yisra’el.
21 Let op, Ek gee aan die seuns van Levi al die tiendes in Yisra’el as erfporsie vir hulle dienswerk wat hulle doen, die dienswerk van die Tent van Ontmoeting.
22 Die seuns van Yisra’el moet ook nie weer naderkom na die Tent van Ontmoeting nie sodat hulle nie sonde op hulle laai en sterf nie,