1 יהוה het met Moshe en Aharon gepraat en gesê:
2 “Die seuns van Yisra’el moet kamp opslaan, elkeen by sy eie banier, langs die embleem van hulle vaders se huise; op ’n afstand, rondom die Tent van Ontmoeting, moet hulle kamp opslaan.
3 Aan die oostekant, na die opkomende son, moet hulle onder die banier van Y’hudah, kamp opslaan, volgens hulle leërafdelings en Nagshon, die seun van `Amminadav, sal leier wees oor die seuns van Y’hudah.
4 Sy leër is getel as vier en sewentig duisend ses honderd (74 600).
5 Die wat langs hom kamp opslaan, sal die stam van Yissakhar wees en N’tan’el, die seun van Tzu’ar, sal leier wees oor die seuns van Yissakhar.
6 Sy leër is getel as vier en vyftig duisend vier honderd (54 400).