15 Sy leër is getel as vyf en veertig duisend ses honderd en vyftig (45 650).
16 Al die wat getel is in die kamp van Reu’ven was honderd een en vyftig duisend vier honderd en vyftig (151 450) volgens hulle leërafdelings. Hulle moet tweede opbreek.
17 Daarna moet die Tent van Ontmoeting opbreek: die kamp van die Leviete, in die middel van die ander kampe. Soos hulle kamp opslaan, so moet hulle opbreek, elkeen op sy plek, volgens hulle baniere.Num 3:23-38
18 Aan die westekant sal die banier van die kamp van Efrayim wees, volgens hulle leërafdelings en Elishama, die seun van `Ammihud, sal leier wees oor die seuns van Efrayim.
19 Sy leër is getel as veertig duisend vyf honderd (40 500).
20 Langs hom is die stam van M’nasheh en Gamli’el, die seun van P’dahtzur, sal leier wees oor die seuns van M’nasheh.
21 Sy leër is getel as twee en dertig duisend twee honderd (32 200).