1 Die seuns van Yisra’el, die hele vergadering, het in die wildernis van Tzin gekom, in die eerste maand en die volk het in Kadesh gebly. Miryam het daar gesterf en is daar begrawe.
2 Daar was geen water vir die vergadering nie, hulle het dus teen Moshe en Aharon bymekaargekom.
3 Die volk het met Moshe argumenteer en hulle het gepraat en gesê: “As ons tog maar gesterf het toe ons broers voor die Teenwoordigheid van יהוה gesterf het!
4 Hoekom het julle die vergadering van יהוה in hierdie wildernis ingebring sodat ons en ons vee hier sou sterf?
5 Waarom het julle ons uit Mitzrayim laat optrek om ons in hierdie veragtelike plek te bring? Dit is geen plek om te saai nie, ook nie van vye of van wingerdstokke of van granate nie; ook is daar geen water om te drink nie.”
6 Moshe en Aharon het van die vergadering af weggegaan na die ingang van die Tent van Ontmoeting en hulle het op hul gesigte geval en die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van יהוה het aan hulle verskyn.
7 יהוה het met Moshe gepraat en gesê: