11 Moshe het sy hand opgetel en die rots twee maal met sy staf geslaan, water het in oorvloed uitgekom en die vergadering en hulle vee het gedrink.
12 יהוה sê vir Moshe en Aharon: “Omdat julle My nie vertrou het om My as Afgesonderd voor die oë van die seuns van Yisra’el te behandel nie; daarom sal julle hierdie vergadering nie in die land inbring wat Ek aan hulle gegee het nie.”
13 Hierdie was die waters van M’rivah, waar die seuns van Yisra’el met יהוה gestry het en Hy Hom tussen hulle as Afgesonderd bewys het.
14 Moshe het boodskappers uit Kadesh na die koning van Edom gestuur: “So sê jou broer Yisra’el: Jy weet van al die moeilikheid wat ons oorgekom het,
15 dat ons vaders na Mitzrayim afgegaan het en ons baie dae in Mitzrayim gebly het en die Mitzrayiete het ons en ons vaders sleg behandel
16 en toe ons uitgeroep het na יהוה, het Hy ons stem gehoor. Hy het ’n boodskapper gestuur en ons uit Mitzrayim uitgelei. Let op, ons is nou in Kadesh, ’n stad op die grens van jou grondgebied.
17 Laat ons asseblief deur jou land trek. Ons sal nie deur lande of wingerde trek nie en die water uit die putte nie drink nie. Ons sal op ‘Die Koning se Hoofweg’ hou, ons sal nie regs of links uitdraai nie totdat ons deur jou grondgebied getrek het.”