25 Vat vir Aharon en sy seun El’azar en bring hulle op na die berg Hor;
26 trek Aharon se klere uit en trek dit vir sy seun El’azar aan en Aharon sal daar by sy mense versamel word en sterf.”
27 Moshe het gedoen soos יהוה beveel het: hulle het op die berg Hor opgegaan voor die oë van die hele vergadering.
28 Moshe het Aharon se klere uitgetrek en dit vir sy seun El’azar aangetrek. Aharon het daar gesterf op die top van die berg en Moshe en El’azar het van die berg af afgekom.
29 Toe die hele vergadering sien dat Aharon gesterf het, het die hele huis van Yisra’el dertig dae lank oor Aharon getreur.