1 Toe koning `Arad, die Kena’aniet, wat in die Negev gebly het, hoor dat Yisra’el met die pad van Atarim af kom, het hy teen Yisra’el geveg en sommige van hulle gevange geneem.
2 Yisra’el het ’n eed tot יהוה gesweer en gesê: “As U sal gee om hierdie volk heeltemal in my hand oor te gee, sal ek hulle stede geheel en al vernietig.”
3 יהוה het Yisra’el se stem gehoor en die Kena’aniete oorgegee. Hulle het hulle en hul stede totaal vernietig en die plek Hormah genoem.
4 Hulle het vanaf die berg Hor vertrek in die rigting van die see van Suf om verby die land Edom te trek en die volk het ongeduldig geword as gevolg van die reis.
5 Die volk het teen God en teen Moshe gepraat: “Waarom het U ons uit Mitzrayim laat opkom om in die wildernis te sterf, want daar is geen brood en geen water nie en ons liggame walg van hierdie nuttelose kos.”
6 יהוה het giftige slange onder die volk gestuur wat die volk gebyt het en baie van die mense van Yisra’el het gesterf;