17 Hy het by hom gekom en let op, hy het daar by sy brandoffer gestaan en die leiers van Mo’av by hom en Balak sê vir hom: “Wat het יהוה gesê?”
18 Hy het sy vertelling voortgesit en gesê: “Staan op Balak en hoor! Luister na my, seun van Tzippor!
19 Die Magtige God is nie ’n man dat Hy sou lieg nie, of ’n mensekind dat Hy jammer sal wees nie. Het Hy gesê en sal dit nie doen nie, of het Hy gepraat en sal dit nie waar maak nie?
20 Let op, ek het ’n opdrag ontvang om te seën. Wanneer Hy seën, kan ek dit nie omkeer nie.
21 Hy het nie boosheid opgemerk in Ya’akov nie en sien geen moeilikheid in Yisra’el nie. יהוה, sy God, is met hom en die gejuig tot die Koning is tussen hulle.
22 Die Magtige God bring hulle uit Mitzrayim, Hy is vir hulle soos die lang horings van ’n wilde bul (Aurogs),
23 want daar is geen binding teen Ya’akov of toordery teen Yisra’el nie. Dit sal nou van Ya’akov en van Yisra’el gesê word wat die Magtige God gedoen het.