5 יהוה het ’n woord in Bil’am se mond gelê en gesê: “Gaan terug na Balak en só moet jy sê.”
6 Hy het na hom toe teruggegaan en let op, hy het daar by sy brandoffer gestaan, hy en al die leiers van Mo’av.
7 Hy het sy vertelling begin en gesê: “Balak, die koning van Mo’av het my uit Aram, uit die berge van die ooste laat haal en gesê: ‘Kom, vervloek Ya’akov vir my en kom, verwens Yisra’el.’
8 Hoe sal ek vervloek wie Gód nie vloek nie? En hoe sal ek verwens vir wie יהוה nie verwens nie?
9 Want van die bokant van die rotse af sien ek hom en van die heuwels af let ek op hom. Let op, ’n volk wat afgesonderd woon en nie tussen die nasies gereken word nie.
10 Wie kan die stof van Ya’akov tel, of ’n kwart van Yisra’el bereken? Laat my die dood van die opregtes sterf en laat my einde soos dié van die opregte wees!”
11 Balak sê vir Bil’am: “Wat het jy my aangedoen? Ek het jou gevat om my vyande te vervloek en let op, jy het hulle in werklikheid geseën!”