1 Toe Bil’am sien dat dit goed was in die oë van יהוה om Yisra’el te seën, het hy hom nie soos die vorige kere tot gesigte deur ’n visioen gewend nie, maar sy gesig na die wildernis gedraai
2 en Bil’am het sy oë opgeslaan en Yisra’el uitgekamp gesien, volgens hulle stamme en die Gees van God het op hom gekom.
3 Hy het sy vertelling voortgesit en gesê: “Die Godsopenbaring van Bil’am, die seun van B’or; die Godsopenbaring van die man wie se oë oopgemaak is;
4 die Godsopenbaring van hom wat die woorde van die Magtige God hoor, wat die visioen van die Almagtige sien, wat neerval met onbedekte oë:
5 Hoe goed is jou tente, O Ya’akov, jou blyplek, O Yisra’el!
6 Soos valleie wat uitgestrek is, soos tuine by ’n rivier, soos aalwyne geplant deur יהוה, soos seders langs die water;