15 Hy het sy vertelling voortgesit en gesê: “Die Godsopenbarings van Bil’am, die seun van B’or en die Godsopenbaring van die man wie se oog oopgemaak is;
16 die Godsopenbaring van hom wat die boodskappe van die Magtige God hoor, wat die kennis van die Allerhoogste ken en die visioen van die Almagtige sien en wat neerval, maar tog met sy oë onbedek.Yog 5:46
17 Ek sien Hom, maar nie nou nie, ek aanskou Hom, maar nie naby nie: ’n Ster sal kom uit Ya’akov, ’n Septer sal opstaan uit Yisra’el, deur die voorkop van Mo’av breek en al die seuns van Shet afbreek.
18 Edom en Se’ir sal ’n besitting wees, asook sy vyande, maar Yisra’el sal dapper optree.
19 Vanuit Ya’akov sal Een wees wat heerskappy het en die wat oorbly uit die stad vernietig.”
20 Toe het hy na `Amalek gekyk, sy vertelling voortgesit en gesê: “`Amalek was eerste onder die nasies, maar sy einde sal vernietiging wees.”
21 Toe het hy na die Keiniete gekyk, sy vertelling voortgesit en gesê: “Jou blyplek staan vas en jou nes is vasgemaak op die rots,