4 die Godsopenbaring van hom wat die woorde van die Magtige God hoor, wat die visioen van die Almagtige sien, wat neerval met onbedekte oë:
5 Hoe goed is jou tente, O Ya’akov, jou blyplek, O Yisra’el!
6 Soos valleie wat uitgestrek is, soos tuine by ’n rivier, soos aalwyne geplant deur יהוה, soos seders langs die water;
7 water sal vloei uit sy emmers en sy saad sal by baie waters wees. Sy koning sal hoër wees as Agag en sy koninkryk opgelig!
8 Die Magtige God bring hom uit Mitzrayim uit, hy het lang horings soos ’n wilde bul (Aurogs); hy sal die nasies verteer wat teenoor hom staan en hulle bene breek en met sy pyle deurboor.
9 Hy het afgebuig, hy het gaan lê soos ’n leeu en soos ’n leeuin: wie sal hom opjaag? Geseënd is almal wat jou seën en vervloek is almal wat jou vervloek!”
10 Balak se woede het gebrand teen Bil’am en hy het sy hande saamgeslaan. Balak het vir Bil’am gesê: “Ek het jou laat roep om my vyande te vervloek en let op, jy het volgehou om hulle te seën; hierdie drie keer!